Chris Fick & Associates

Aangewese werkgewers moet toesien dat hulle die voorgeskrewe verslae oor gelyke indiensneming betyds indien. Die boete vir eerste oortreders is R1,5 Miljoen of 2% van omset, watter bedrag ookal die grootste is. Die boetes vir herhalende oortreders spring sommer na R2,7 Miljoen of 10% van omset, watter bedrag ookal die grootste is.

Met die uitsondering van ‘n paar hoë-profiel gevalle, is hierdie wetgewing tot op hede nie konsekwent afgedwing nie. Dit het daartoe bygedra dat aangewese werkgewers dikwels nie aan hierdie voorskrifte voldoen nie. Die Minister van Arbeid het dit nou duidelik gemaak dat die wetgewing wel afgedwing gaan word.

Indien jy dus die sperdatum van 3 Oktober 2016 gemis het, is dit nou die beste tyd om dit onmiddellik reg te stel.

Werkgewers het nog steeds geleentheid om die verslae oor gelyke indiensneming elektronies in te dien. Die sperdatum vir elektroniese indiening is Sondag 15 Januarie 2017.

Vir meer besonderhede besoek die Departement se webblad getiteld “Employment Equity Online Reporting for 2016” te https://ee.labour.gov.za/dmiso/.

Moet jy aanmeld?

Werkgewers wat in enige een van die twee voorgeskrewe kategoriëe val, moet verslae indien:-

  • Alle werkgewers met 50 of meer werknemers in diens; of
  • Werkgewers met minder as 50 werknemers in diens, maar wat voldoen aan die toepaslike omsetsyfer, soos in hierdie tabel uiteengesit-

cf_new_afr

As jy hier ‘n verkeerde skuif maak, kan dit jou duur te staan kom. Indien jy enigsins hieroor twyfel, moet jy die nodige advies verkry.