Chris Fick & Associates

Daar is ‘n aanlyn kwessie wat jou privaatheid raak, waarvan jy kennis moet neem.

Indien jy Google Maps gebruik, gaan log in by www.google.com/maps/timeline. As jy gaan kyk na jou tydlyn sal jy sien daar is rooi kolletjies wat die plekke aandui waar jy jou al in die verlede bevind het. As jy twee keer daarop klik, sal jy sien dit gee ook vir jou roetes en foto’s wat daaraan gekoppel word. As jy ‘n datum soektog maak, dan toon dit waar jy was, wanneer jy daar was en vir hoe lank jy daar aanwesig was.

Hierdie is goeie nuus as jy soms nostalgies raak en ‘n terugblik op jou verlede wil sien. Dalk wil jy herinner word aan die naam van daardie gastehuis waar jy tuisgegaan het of die goeie restaurant waar jy geëet het.  Dit kan egter verontrustend wees as jy sterk voel oor jou privaatheid.

Gaan na Google Help https://support.google.com/ en doen ‘n soek vir “Location History”. Jy sal dan sien hoe jy hierdie funksie kan afskakel of spesifieke inskrywings kan verander of verwyder.

© DotNews, 2005-2016. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)