Chris Fick & Associates

Verskeie lede van die regsberoep berig oor ‘n toename in die getal en tipe pogings, sowel as die meer gesofistikeerde metodes wat gebruik word in hierdie pogings om regsfirmas, hul kliënte en derde partye te bedrieg.

Ten einde u te beskerm in ons handelinge met u en namens u, het ons strenger maatreëls geïmplementeer in die identifisering en verifiëring van uself en die bankbesonderhede vir ‘n spesifieke transaksie. As sodanig sal ons verkies om u persoonlik te ontmoet en/of telefonies met u die inligting en opdragte te verifieer, veral wanneer gewysigde rekeningbesonderhede aan ons verskaf word vir ‘n betaling aan of namens u.

In RISK ALERT, a joint publication of the Attorneys Fidelity Fund and the Attorneys Insurance Indemnity Fund NPC the following warning is made:

“We have widely published information about the e-mail scam on our website, in the Bulletin and in other media. Up until the present, the insurer has come to the assistance of the profession in these matters. As from 1 July 2016, the insurer will no longer entertain these matters. We recommend that all practitioners put in place measures to protect themselves in these situations – be it through effective risk management measures or additional insurance protection … or preferably both.”

Risk Alert Bulletin – Special Policy Edition – July 2016

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)